Die polisie op Mthatha versoek die hulp van die publiek om Dora, ‘n baie energieke Belgiese herdershond van hul K9-eenheid, op te spoor.
FiND iT Nuus het pas bevestiging van haar hanteerder konst. Siphamadla Nyameka ontvang dat hy steeds op soek is na haar en nie slaap nie. Hy is besonder bekommerd omdat Dora al amper ‘n week weg is en ‘n veltoestand het wat hy twee keer ‘n week moet versorg.
Sers. Matola-Mvanyashe, provinsiale polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, sê dat haar hok oopgemaak is om haar kos te gee, waarna sy uitgehardloop het. Haar hanteerder was nie by toe dit gebeur het nie.
‘n Soektog is geloods, maar het tot dusver geen sukses afgewerp nie.
Dora, wat van Maluti oorgeplaas is na Mthatha, is nog net ‘n maand by haar nuwe eenheid.
Enige persoon wat kan, word versoek om haar bekommerde kollegas te help om haar op te spoor, of indien hulle ‘n soortgelyke hond in hul omgewing gewaar, om kapt. Gladstone Mkentane by 082 457 3643 of haar hanteerder, konst. Siphamadla Nyameka, by 071 895 0596 te kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



