Man gearresteer vir beweerde besit van ongeeer R4000 000 se diamante en flora

Deel hierdie storie / Share this story

‘n 51-jarige man is gearresteer vir die beweerde besit van vyf ongeslypte diamante en flora sonder ‘n permit met ‘n gekombineerde straatwaarde van ongeveer R400 000, aldus AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap. Lede verbonde aan die Weskus- landelike blitspatrollie-eenheid het Woensdag 24 Augustus 2022 op die verdagte toegeslaan.

Fotokrediet SAPS

Die lede was glo besig met roetinepatrollies op die N7 naby Clanwilliam toe hulle ‘n wit Toyota Corolla met die verdagte in afgetrek het.

Die verdagte se motor is deursoek en lede het op die diamante en flora wat in die verdagte se bagasie versteek was, afgekom.

Die man is gearresteer vir die besit van ongeslypte diamante en die flora sonder ‘n geldige permit, waarop die lede beslag gelê het.

Die verdagte sal in die Clanwilliam-landdroshof verskyn nadat hy aangekla is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel