Inwoners van Tongaat staak oor wateronderbrekings

Deel hierdie storie / Share this story

Inwoners van Hambanathi in Tongaat het paaie blokkeer en JoJo-watertenks aan die brand gesteek in ‘n staking oor wateronderbrekings.

Die inwoners het gesê hulle sit van die vloede af soms dae op ‘n slag sonder water. Hulle het bygevoeg dat die JoJo-watertenks ook nie gediens word of volgemaak word nie.

Hulle voel dat die eThekwini-munisipaliteit hulle basiese menseregte aantas deur nie vir hulle water te verskaf nie.

Bronne: eNCA, SABC News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Is daar dalk ‘n wit Zoeloe-koningin in Suid-Afrika se toekoms?