Dinosourusspore van ongeveer 113 miljoen jaar gelede is in die Dinosaur Valley State Park in Texas blootgelê na ‘n erge droogte wat ‘n rivier laat opdroog het.
“Meeste spore wat onlangs op verskillende plekke in die rivier ontdek is, behoort aan ‘n Acrocanthosaurus. Dit was ‘n dinosourus wat volgroeid 4,57 m hoog was en naby aan 7 000 kg geweeg het,” sê Stephanie Salinas Garcia, woordvoerder vir die park, aan CNN.
Die ander spesies wat spore in die park in Texas agtergelaat het, was Sauroposeidon, wat volgroeid 18,2 m lank en 39 916 kg swaar was.
Die somer se droogte het veroorsaak dat die rivier in die park heeltemal opgedroog het en die spore blootgelê is.
Meer as 60% van Texas het in die laaste twee weke droogte ervaar.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



