Ma (37) los glo baba langs treinspoor op Dullstroom

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (37) is Sondag in hegtenis geneem na sy glo haar pasgebore babaseuntjie in die bosse langs die treinspoor op Dullstroom gelos het.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 17:00 Sondagmiddag plaasgevind.

“Die polisie het ‘n oproep ontvang van ‘n bekommerde inwoner wat iets wat soos ‘n baba lyk, gesien het,” sê brig. Mohlala.

Die polisie kon wel vasstel dat dit ‘n baba is en nooddienste is dadelik na die toneel ontbied om die baba hospitaal toe te neem.

Brig. Mohlala sê die polisie het dadelik met ‘n ondersoek begin, wat hulle gelei het tot by die babatjie se ma. Sy is in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die Belfast-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel