Kenners waarsku oor hoogs aansteeklike tamatiegriep

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Nuwe virus, wat reuse rooi blase, hoë koors, moegheid, diarree en gewrigspyn kan veroorsaak, is onlangs in Indië aangemeld.

Volgens plaaslike media is daar sedert Mei al 82 kinders met die virus gediagnoseer.

‘n Uitslag, geïrriteerde vel en dehidrasie is ook moontlike tekens van infeksie met die tamatiegriep, oftewel tamatiekoors.

Kenners waarsku teen die vinnige verspreiding van die hoogs aansteeklike siekte.

Die virus teiken kinders tussen die ouderdom van 1 en 5 jaar, maar volwassenes met swakker immuunstelsels kan ook geïnfekteer word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel