Hier is ‘n lekker maklike resep vir vinnige melktert.
Bestanddele:
200 g Tennisbeskuitjies
397 g-blik kondensmelk
45 ml mielieblom
1 ml sout
5 ml vanieljegeursel
3 kondensmelkblikkies vars melk (gebruik die leë kondensmelkblikkie om die melk in af te meet)
15 ml vlapoeier
2 eiers
30 ml margarien
fyn kaneel
Metode:
Pak ‘n tertkors van Tennisbeskuitjies onder in ‘n 20 cm- vierkantige glasbak. Meng die kondensmelk en 2½ blikkies melk in ‘n kastrol en verhit tot amper kookpunt. Meng die orige melk met die mielieblom, vla, sout, eiers en vanieljegeursel. Voeg dit by die warm melk en kook vir 10 minute, roer aanhoudend. Gooi die melkmengsel op die tertkors. Sprinkel met kaneel en laat afkoel. Laat stol in die yskas vir 3-4 ure voor opdiening.
Bron: Let’s Talk Magazine
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



