‘n Verdagte (30) verskyn na verwagting môre in die Nkomazi-landdroshof op aanklagte van dwelmhandel ná hy glo in die besit van 240 kg dagga betrap is.
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is op 21 Augustus op Buffelspruit langs Jeppes Reef Port in hegtenis geneem.
Die polisie op Schoemansdal was besig met hul daaglikse pligte toe hulle die wit Isuzu gestop en deursoek het. Hulle het glo op 31 sakke vol dagga van 240, 85 kg afgekom. Die dagga se geskatte waarde is R1 001 570.
Die verdagte is dadelik in hegtenis geneem en die dagga en voertuig is gekonfiskeer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



