Drie vermiste vroulike sekuriteitswagte gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Drie vroulike sekuriteitswagte het oënskynlik spoorloos verdwyn terwyl hulle by die Seeisoville-stadion in Maokeng aan diens moes wees. Lt.kol. Kobus Erasmus van die polisie in die Vrystaat het gister die publiek se hulp gevra om drie vroulike sekuriteitsbeamptes wat “verdwyn” het op te spoor.

Na bewering het sekuriteitspersoneel van Isidingo-sekuriteit wat by die Seeisoville-stadion in Maokeng, diens doen, om 05:30 opgedaag om die nagskofpersoneel af te los. Met hul aankoms in die wagkamer is daar ontdek dat hul drie vroulike kollegas wat aan diens moes wees, “verdwyn” het. Me Mamokgo Julia Tladi (44), me Gladys Masabata Motoai (37) en me Maletsatsi Mofokeng (39) se persoonlike eiendom was in die wagkamer, maar hulle was nêrens te vinde nie.

Die Maokeng-polisie is ontbied waarna ‘n soekgeselskap na die beamptes, wat steeds in hul uniforms geklee moes wees, begin soek het.

Volgens sers. Mahlomala Kareli, polisiewoordvoerder, is die drie beamptes om 21:30 deur die soekgeselskap wat bestaan het uit polisielede en die gemeenskap by Lovedale aan die buitewyke van Moaken, gekry. Hulle hande was vasgemaak en hulle was deurmekaar. Hulle is na ‘n hospitaal vir mediese behandeling geneem.

Die Maokeng-polisie vra enige persoon met inligting oor die voorval om met lt.kol. Kobus Erasmus kontak te maak by 082 301 2972 of 08600 10111 of laat ‘n anomieme leidraad op die MySAPS App.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel