Volgens ‘n Amber-alert plasing is die vermiste seun van Kensington vyf jaar oud en nie ses jaar soos wat gister berig is nie.
Die Kensington-gemeenskapspolisiëringsforum het hulle na sosiale media gewend om gemeenskappe in te lig dat die vyfjarige Shanawaz Asghar nog nie teruggevind is nie. Hy is gisteroggend om 07:45 op die hoek van Vierde Laan en Negende Straat, Kensington deur ses verdagtes ontvoer.
Die gewapende verdagtes het met die seun van die toneel gevlug in twee voertuie – ‘n silwerkleurige VW Polo en ‘n wit VW Polo.
Shahnawaz is ‘n leerling aan die Primêre Islam-skool Hidayatul en was tydens sy ontvoering geklee in ‘n vlootblou sweetpakbaadjie, grys sweetpakbroek en swart skoolskoene.
Nog geen losprys is van sy ouers geëis nie.
Kensington-gemeenskapspolisiëringsforum, vra weereens dat vals inligting geïgnoreer moet word, maar dat enige leidrade aan AO Smart, die ondersoekbeampte by 082 850 9618 gegee moet word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



