Daar was woede in die Wes-Indiese staat Gujarat nadat 11 mans wat lewenslank tronk toe gestuur is vir die verkragting van ‘n swanger Moslem-vrou vrygelaat is.
Die Hindoe-mans, wat ook sewe lede van die vrou se familie doodgemaak het, is Maandag vrygelaat oor ‘n wet wat sê dat hulle kwytskelding kan aanvra na 14 jaar in die tronk. Een van hulle slagoffers was die swanger vrou se 3-jarige dogtertjie.
Die mans is buite die tronk met lekkergoed en blommeruikers verwelkom.
Die vrou se man het vertel dat hulle geen waarskuwing gehad het dat die 11 mans vrygelaat gaan word nie; hulle het deur die media daarvan uitgevind.
Bronne: DW, The Asian Age, Deccan Chronicle
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



