Pitbulls val ander honde in KZN aan

Deel hierdie storie / Share this story

Pitbulls het Dinsdag twee ander honde in KwaZulu-Natal aangeval. Die eienaar van ‘n Duitse herdershond beplan om ‘n saak oop te maak teen die eienaar van die twee pitbulls.

Volgens Reaction Unit South Africa (RUSA) is hulle omstreeks 16:44 Dinsdagmiddag na die toneel in Kratzwood Close ontbied toe verskeie inwoners in die gebied die aanval gerapporteer het.

Volgens RUSA het beamptes op die toneel aangekom en gesien hoe twee pitbulls die ander honde, ‘n Duitse herdershond en Staffordshire Terrier, aanval. Inwoners het tevergeefs probeer om die honde van mekaar te skei en onder andere water, grawe en stokke gebruik om te probeer om die aanval te keer. RUSA-beamptes het uiteindelik ‘n brandblusser gebruik om die situasie onder beheer te kry.

Een van die pitbulls het van die toneel weggehardloop en die tweede is ernstig beseer deur die gemeenskap wat die aanval wou keer.

Volgens RUSA is die Duitse herdershond ook ernstig beseer en is beide honde na ‘n veearts geneem vir behandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel