Kennisgewing aan boere binne 10 km van Bronkhorstspruit se bek-en-klouseer-uitbrekingspunt

Deel hierdie storie / Share this story

FiND-iT Nuus het die besonderhede van die kennisgewing en kaart van die bek-en-klouseervirusuitbraak van die boeregemeenskap ontvang. Die kaart van waar bek-en-klouseer in Gauteng uitgebreek het, is van Beefcor-vleisprodusent.

“Geagte veeboer, jy ontvang hierdie kennisgewing omdat jou plaas binne die radius van 10 kilometer is van ‘n plaas waar diere positief getoets is vir die virus en kwarantyn ingestel is. Veeartsenykundige dienste sal roetinebesoeke op u plaas, op weeklikse of tweeweeklikse intervalle doen, vir die doeleindes van u en u plaas om seker te maak dat diere in u area gesond bly en die virus beperk word.

“Elke amptenaar wat die inspeksies uitvoer, sal ‘n brief by hulle dra wat deur dr. Dietana Nemudzivhadi, Gauteng-hoofdirekteur van Veaartsenykundige Dienste onderteken is. Hierdie inspeksies kan die sensus van diere op u plaas, gesondheidsondersoeke en versameling van monsters (trek van bloed, en indien enige verdagte letsel gesien word, sal deppers geneem word) insluit.

“Eiendomme geïdentifiseer binne die eerste 3 km van die kwarantyngebied is binne die geïnfekteerde gebied. Hierdie plase, plotte en eiendomme sal weekliks geïnspekteer word om seker te maak dat enige verspreiding van die virus vanaf die perseel onmiddellik opgetel word. Hierdie plase sluit gedeeltes van die volgende geregistreerde plase in: Boschkop 543 JR, Witfontein 521 JR, Puntlyf 520JR, Kleinzonderhout 519JR, Roodekopjes 546 JR, Kameelzynkraal 547 JR, Witpoort 551 JR, Dorstfontein 553 JE, Oude Zwaanskraal 542 JR, Marloo 522 JR.

“U moet ‘n veearts kontak voordat u toegelaat word om diere van u perseel af te beweeg (vir verkope en slagdoeleindes) om te verseker dat u diere gesond is.”

“Eiendomme in die 4-10 km area sal elke twee weke besoek word. Hierdie sluit gedeeltes van die volgende geregistreerde plase in: Marloo 522 JR, Wirfontein 521 JR, Rietvlei 518 JR, Kleinzonderhout 519 JR, Kameelzynkraal 547 JR, Witpoort 551 JR, Witpoort 550JR, Dorstfontein 553 JR, Rooipoort 555JR, Oude Zwaanskraal 542 JR.

“Geen lewendige gespletehoef diere binne die 10 km toesigarea sal toegelaat word om buite die area te beweeg nie, tensy dit vir direkte slagting is. Eienaars word versoek om Theo Serebolo te kontak vir bewegingspermitte vir diere wat na die slagpale gaan. Enige bewegingspermit moet egter van ‘n gesondheidssertifikaat wat deur ‘n veearts binne die 10 km area uitgereik is, vergesel wees. Enige van die twee veeartse van die omgewing kan gekontak kontak.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel