‘n Vrou (40) van Limpopo is Dinsdag tot 27 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op haar 43-jarige man in April 2020.
Lt.-kol. Mamphaswa Seabi, polisiewoordvoerder, sê daar is in die hooggeregshof in Polokwane aangehoor Mapula Florah Manaka en haar kêrel het die moord op haar man, Archie Manaka, beplan en laat uitvoer.
Archie was ‘n IT-spesialis.
“Die oorledene is op 8 April 2020 in sy huis in Moletjie aangeval en verskeie kere gesteek in wat vermoedelik ‘n huisroof was. Toe polisielede op die toneel aankom, het die oorledene se vrou gesê drie onbekende verdagtes het die huis binnegekom, haar man aangeval en met ‘n onbekende som geld en ‘n skootrekenaar van die toneel gevlug,” sê lt.kol. Seabi.
‘n Saak van moord en roof is geopen en die polisie het die saak begin ondersoek.
‘n Paar maande na die voorval is die oorledene se vrou, haar kêrel Agrinate Makhubela (27) en sy medepligtige (30) in hegtenis geneem.
Mapula is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en sewe jaar vir sameswering tot moord.
Die saak teen haar kêrel is nog nie afgehandel nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



