‘n Vrou is Vrydagaand dood nadat haar motor aan die brand geslaan het toe sy teen ‘n vragmotor gebots het.
Volgens ER24, was die vrou in haar motor vasgekeer toe die brand ontstaan het.
Met die aankoms van ER24-paramedici op die toneel, was die motor reeds erg gebrand.
“Die motor is in die pad gevind en deur die brandweer geblus, maar die vrou was reeds oorlede,” lui ‘n verklaring deur Ross Campbell, ER24-woordvoerder.
Die vragmotorbestuurder het geen beserings opgedoen nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



