‘n Bejaarde man (81) is dood toe ‘n brand Vrydagoggend by die Ou Meule-tehuis, wat deel is van Droom Riversdal, uitgebreek het.
Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het die voorval in ’n verklaring bevestig.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend.
“Voorlopige ondersoeke toon dat polisielede Vrydagoggend om 01:00 na die Ou Meule-tehuis in Kerkstraat, Riversdal, uitgestuur is,” het Pojie gesê. “Die plaaslike brandweer- en nooddienste het ook vinnig gereageer en 66 van die inwoners ontruim, waarvan drie met ’n ambulans hospitaal toe geneem is om vir rookinaseming behandel te word.”
Volgens Pojie is die oorledene een van die drie inwoners wat hospitaal toe geneem is. Hy is moontlik weens rookinaseming dood.
’n Lykskouing moet nog uitgevoer word om die presiese oorsaak van sy dood te bepaal, maar geen gemene spel word vermoed nie.
‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen vir verdere ondersoek ná die man se dood.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



