Wêreldolifantdag word vandag gevier om olifante te beskerm en te bewaar. Nie net is olifante sagmoedige diere, met ‘n goeie geheue en oorbeskermend oor hulle kleintjies nie, maar daar is nog dinge wat jy dalk nie van olifante weet nie.
Die aandag word veral op die lot van die Asiatiese en Afrika-olifante gevestig.
Hier is vyf feite van olifante wat jy dalk nie geweet het nie:
- ‘n Olifant se slurp weeg 181kg, maar kan iets so klein soos ‘n ryskorrel optel;
- Olifante kan hulleself in die spieël herken;
- Olifante is bang vir bye;
- Olifante kan babas hê totdat hulle 50 jaar oud is;
- Olifante gee vir mekaar “drukkies” met hulle slurpe.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



