Taverne-eienaar skuldig aan moord op kinders

Deel hierdie storie / Share this story

Trane het gevloei toe Pontsho Mohlanka, ‘n taverne-eienaar van Johannesburg, op Donderdag 11 Augustus skuldig bevind is aan die moord op drie kinders.

Drie kinders, Mzwandile Zitho (5), Simphiwe Mgcina (6) en Mpho Makondo (8) is in April en September 2020 vermoor.

Die kinders is almal nakend gevind met geen sigbare wonde nie. Dit is later bevind dat hulle versmoor is.

Mzwandile is tussen ‘n kas en yskas binne die taverne gevind, terwyl Simphiwe en Mpho se liggame naby die taverne ontdek is. Simphiwe het ‘n brief op sy liggaam gehad wat ‘n buurman soos die moordenaar laat lyk het.

Mohlanka sal na verwagting vandag gevonnis word.

Bronne: Daily Sun, eNCA

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Olivia Newton-John gaan staatsgedenkdiens kry in Australië