Paaie in Rustenburg gesluit vir ANC-konferensie

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens Sabata Mokwabone, polisiewoorder vir Noordwe,s gaan die polisie saam met ander departemente en rolspelers sorg vir veiligheid tydens die ANC se kongres wat gedurende die naweek van 12 tot 14 Augustus by die burgersentrum in Rustenburg plaasvind.

“Veiligheid sal by die konferensie gehandhaaf word en misdaadvoorkoming sal in en om Rustenburg polisiëringsarea gedoen word. Padveiligheid en die padverkeerswet sal streng beheer word en ‘n benadering van zerotoleransie sal toegepas word.

“Daar word verwag dat afgevaardigdes van regoor die provinsie, die ANC, sowel as gaste wat genooi is en die media hierdie konferensie sal bywoon wat sal bydra tot ‘n toename van verkeer, veral in die nabyheid van die burgersentrum.

“Motoriste en die publiek moet dus kennis neem dat paaie in en rondom die burgersentrum ‘n verkeersvrye sone verklaar word vanaf Vydag 12 Augustus om 18:00 tot Sondagaand 14 Augustus.

“Om onnodige verkeersopeenhoping en vertragings te voorkom, word motoriste versoek om die volgende paaie vir die tydperk van die konferensie te vermy:

· Heystek- en Job Shimankane Tabanestraat

· R24 – Engen-vulstasie & Nelson Mandela (gedeeltelik toegemaak)

· R24 – Shell-vulstasie Verkeerslig (gedeeltelik toegemaak)

· Kloofweg en Greystone Verkeerslig (gedeeltelik toegemaak)

· Bodenstein Park Stop Teken”

“Dit is belangrik om uit te wys dat die suksesvolle aanbieding van ‘n veilige en insidentvrye gebeurtenis afhang van die samewerking van die publiek en sleutelrolspelers. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sal geen wetteloosheid van enige persoon wat van voorneme is om die wet te verbreek duld nie en so ‘n persoon sal sal met die volle mag van die wet te doen kry.”

“Die publiek en bywoners van die konferensie word dus nederig gewaarsku en versoek om saam met wetstoepassingsagentskappe te werk om algemene veiligheid te verseker, en te voorkom dat daaglikse publieke aktiwiteite wat nie deel van die konferensie is nie, nie nadelig geaffekteer sal word nie.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel