Verlore liggame en vliegtuigwrak uit 1968 op smeltende gletsers gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Twee liggame en die wrak van ‘n vliegtuig wat in 1968 in ‘n vliegongeluk neergestort het, is in die Switserse Alpe gevind noudat die gletsers besig is om te smelt.

In Julie is ‘n liggaam op die Stockji-gletser gevind. Een van die mense wat die liggaam gevind het, het glo gesê die persoon se liggaam was gemummifiseer en effens beskadig en het klere aangehad wat gelyk het of dit van die 1980’s is.

Op 3 Augustus is nog ‘n liggaam op die Chessjen-gletser gevind en een van die mense wat daar werk, het glo gesê hy dink die persoon is iewers in die “1970s of 1980s” dood.

Volgens The Guardian probeer die polisie nog om die liggame te identifiseer.

Op 4 Augustus is dele van ‘n vliegtuigwrak op die Aletsch-gletser gevind. Die plaaslike polisie het gesê dat die vliegtuigdele van ‘n Piper Cherokee-vliegtuig afkomstig is wat op 30 Junie 1968 daar neergestort het.

Bronne: Business Insider, Metro, Yahoo

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Drink jy reënwater?