Ly jy aan aragnofobie?

Deel hierdie storie / Share this story

Wat is jou reaksie wanneer jy na die foto kyk van hierdie tarantula se ete? As jy tot in jou tone gril, ly jy waarskynlik aan aragnofobie, ‘n volgehoue, irrasionele en abnormale vrees vir spinnekoppe.

“Vir dié wat hul so doodmaak, hier is die bewys – hulle hou muisgetalle in toom.”

So sê André du Preez van die Silverfox Snake Rescues-sentrum, geleë in die Worcester-distrik in die Wes-Kaap.

Hy is in besit van twee aangenome tarantulas.

“Jaarliks red die sentrum ongeveer 300 slange waarvan plus minus 75% dodelik is vir die mens. Dit sluit kobras, boomslange en pofadders in.”

As ‘n diens aan die gemeenskap doen hy opvoedingswerk onder kinders en plaaswerkers oor onder andere spinnekoppe.

“Die bluefooted baboon tarantula word hoofsaaklik in die omgewing gekry, en hulle eet akkedisse, klein slange, voëls en muise. Hul raak met hul voorpote aan hul prooi en dit is die manier hoe hulle basies proe.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel