Vroue moet vir huiswerk betaal word, meen Ramaphosa

Deel hierdie storie / Share this story

Huisvroue behoort eintlik vir huiswerk betaal te word, het pres. Cyril Ramaphosa in ‘n toespraak voor duisende mense op Vrouedag gesê.

Vrouedag is Dinsdag landwyd gevier. Pres. Ramaphosa het tydens die nasionale seremonie op Richmond in KwaZulu-Natal gepraat. Dié seremonie is deur duisende mense bygewoon.

Die tema van die toespraak was “Vroue se sosio-ekonomiese regte en bemagtiging: Beter terugbou vir vroue se verbeterde veerkragtigheid”.

Sy toespraak het oor die vordering van vroueregte en geslagsgelykheid in die werksomgewing gegaan.

“Ons jong vroue vandag kan sterre wees, hulle kan regters wees. Die deur is oop.”

Hy het ook genoem dat daar nog uitdagings is wat deur die land se vroue in die gesig gestaar word.

“Die tyd het aangebreek dat vroue vir onbetaalde werk betaal word. Die werk wat vroue doen, en die tyd wat vroue bestee aan huiswerk, beperk hul vermoë om as werknemers geld te verdien of hulle eie besighede te begin.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel