Seun (12) kry hartaanval op rugbyveld

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Twaalfjarige seun is Dinsdag deur Best Care EMS behandel na hy op ‘n rugbyveld in Pretoria ‘n hartaanval gekry het.

Volgens Best Care EMS het die voorval Dinsdag in Daspoort in Pretoria plaasgevind.

Best Care EMS sê KPR is op die toneel op die seun toegepas voor gevorderde lewensondersteunende paramedici Xander Loubser en Wiaan le Roux oorgeneem het.

Die seun is kort daarna na die hospitaal geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel