Die liggaam van ‘n 21-jarige man is Maandagmiddag omstreeks 13:00 in die Mogalakwena-rivier in Mahwereleng gevind.
Lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê die polisie is na die toneel ontbied toe vissermanne op ‘n lewelose liggaam wat in die rivier gedryf het, afgekom het.
Die polisie kon die liggaam uit die rivier haal.
Die 21-jarige Brian Rammutla het op 16 Julie vanjaar vermis geraak. Sy familie het hom as vermis by die polisie aangemeld.
Volgens verslae het hy sy huis in Maruteng Village om 18:30 verlaat om by sy oupa te gaan kuier.
“Dis nog nie duidelik hoe die oorledene in die rivier beland het nie,” sê lt.kol. Ledwaba. “Die polisieondersoek sal wel die oorsaak van sy dood kan vasstel.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



