Twee verdagtes gearresteer na inbraak by Galeshewe-bib

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens Boyce Makodi van die Kimberley Aksie Groep is twee verdagtes gearresteer en ‘n derde verdagte is nog op vrye voet nadat hulle by die plaaslike biblioteek ingebreek het. Die verdagtes het die biblioteek geplunder en rekenaars, skootrekenaars, ‘n Wifi-boksie, kopieërmasjienkabels, skoonmaakmiddels en die biblioteek se spaarsleutels gesteel.

Foto’s op dieselfde plasing wys hoe water uit beskadigde infrastruktuur oor die biblioteekvloer gespoel het.

Volgens Makodi was Operation Fiela eerste op die toneel, terwyl daar meer as twee ure vir die Suid-Afrikaanse polisiediens gewag is om op die klagte te reageer.

Op 11 Maart reeds het Makodi op die Kimberley Aksie Groep ‘n inskrywing gemaak oor ‘n soortgelyke probleem en is daar talle punte uitgelig wat fout was, wat vermis was en dat die toestand van die biblioteek dringende aandag nodig het.

Makodi is van mening dat die situasie vermy kon wees, indien pro-aktief opgetree is deur onder meer die sekuriteit van die biblioteek te verbeter.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel