‘n 16-jarige tiener van Potchefstroom, Marly Roux, is as vermis aangemeld nadat sy op Saterdagmiddag 6 Augustus om 17:30 haar huis verlaat het.
Die polisie in Potchefstroom versoek die gemeenskap se bystand om haar op te spoor.
Volgens NW-polisie is sy is by haar huis met ‘n onbekende persoon in ‘n wit Nissan 1400-bakkie weg.
“Ten tyde van haar verdwyning het sy ‘n swart langbroek, ‘n wit hemp, veelkleurige trui en swart plakkies aangehad. Sy is 1,7 m lank met ‘n skraal lyf, lang bruin hare en bruin oë,” volgens NW-polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh.
Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, AO Koos van der Merwe by 082 578 4311 by die Potchefstroom-speurdertak of Crime Stop by 08600 10111 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



