Die voormalige Springbok-afrigter, Peter de Villiers (65), is weer terug as afrigter, dié keer vir die nasionale dowes-sewesspan.
De Villiers was die afrigter van die Bokke vanaf 2008 tot 2011.
Volgens Rapport gaan De Viliers die span voorberei vir volgende jaar se deelname aan die Wêreldbeker-rugbytoernooi vir dowe-sewesspanspelers in Cardoba, Argentinië.
De Villiers vertel toe hy deur die Rugbyvereniging vir Dowes genader is vir die skep van die twee spanne vir manlike en vroulike spelers om volgende jaar in die Wêreldbeker te speel, het hy dadelik gesê hy wil betrokke wees.
De Villiers sal op 19 en 20 Augustus die eerste keer met die nasionale dowesspan werk tydens ‘n oefenkamp in die Kaap.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



