Volgens aangetekende geskiedenis is daar na verskeie versoeke en beraadslaging deur generaal Joubert, die eertydse Polisie Kommissaris in Novermber 1971, aangekondig dat dames hul toetrede tot die polisiemag sou neem.
Die eerste vroue is dus op 1 Januarie 1972 toegelaat om ‘n oorwegende “mans-wêreld” te betree. Hierdie was ‘n geskiedkundige oomblik vir die land wat die eerste twee dames as volle lede, wat dan in bevel van vrouepolisie was, in diens te sien. Hierdie baanbrekers was mejuffroue Duveen Botha en SCM Nel wat onmiddellik die onderskeidelike range van luitenant-kolonel en majoor beklee het.
Onder hul leiding het die eerste groep volwaardige polisiedames op 1 Maart 1972 by die polisie se opleidingskollege in Pretoria-Wes vir hul opleiding aangemeld.
Aanvanklik was hulle slegs getaak om aandag aan “vroue aangeleenthede” te gee en is hulle gebruik om administratiewe take te verrig, en is hulle nie soos in vandag se tyd as gelyk met hul manlike kollegas geplaas nie.
Alhoewel daar ‘n opdrag deur die Openbare Dienste Kommissie was wat gestipuleer het dat daar geen verskil in die hantering van die vroulike lede teenoor hul manlike kollegas moet wees nie, is hulle eers ‘n hele paar jaar later toegelaat om patrolliedienste, speurwerk, en ander tipes dienste te verrig.
Ter viering van vrouepolisie wat 50 jaar oud geword het is daar ‘n gedenk-album met stories oor vrouens wat deur die jare in die polisie is en was, vrygestel. Daar is ook ‘n aanlyn weergawe van die Nonqai tydskrif deur oud-brigadier Hennie Heymans waarin moeite gedoen word om stories van vrouelede op te neem en te versprei.
Vroue-lede het ook aangesluit by ‘n spesiale Facebook blad wat vir hulle gestig is waar stories, ondersteuning en raad gedeel word en spog die ledetal reeds met 3 500 vrouens.
Die Vroue Netwerk in die polisie is vanwaar menige projekte gebore en ondersteun word, tydens uitreiking veral met die regte van vroue en kinders ten doel.
Die tema van vrouedag vieringe in die polisie hierdie jaar is “Vroue se sosio-ekonomiese regte, bemagtiging en veerkragtigheid.” Hierdie is ‘n globale projek wat poog om geslagsgelykheid in 2030 te bereik.
Polisiedames is vorige jare uitgereik met skoonheidshandleidings, vandag staan hul as die skonere geslag hulle skoene vol as patrollielede, stasiebevelvoerders, honde-geleiers, berede personeel, vlieëniers, ens.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



