Foto’s van uitgeteerde leeus op ‘n plaas in die Boshof-omgewing het die afgelope week soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.
Volgens ‘n verklaring deur die Nasionale Dierebeskermingsverening (NDBV) is hulle baie bekommerd oor die welstand van dié leeus wat in aanhouding is en sê ‘n plan is nodig vir diegene wat die bedryf vrywillig wil verlaat.

“Meeste van die leeus het tekens van wanvoeding en verhongering getoon. Voor ons inspekteur die perseel verlaat het, het die eienaar die leeus gevoer en was daar gesê dat hy sal voortgaan daarmee.”

‘n Klagte deur die provinsiale natuurbewaringsowerheid (Destea) oor die diere se welstand op die plaas het die NDBV laat besluit om die teelfasiliteit te besoek.
FiND iT het mnr. Henk Vorster vir kommentaar genader, maar hy het gevra dat FiND iT “eerder die storie moet los.”
Hy het wel in ‘n stemboodskap gesê hy is “op pad om vir die leeus kos te gaan haal.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



