Meer as R2.9 biljoen uitstaande by Sol Plaatje-munisipaliteit – tot hiertoe en nie verder, sê Sol  

Deel hierdie storie / Share this story


Die Sol Plaatje-munisipaliteit het vandag by verskeie regeringsdepartemente, asook ondernemings in Kimberley, kennisgewings afgelewer dat dienste aan dié ondernemings gestaak word totdat uitstaande rekeninge betaal is.
 
Thoko Riet, woordvoerder vir die munisipaliteit, sê die elektriese toevoer na die provinsiale wetgewer is reeds ontkoppel. Ander departemente wat reeds vandag besoek is en wie se elektrisiteitstoevoer afgeskakel is, sluit in die departement van onderwys, die nasionale departement van openbare werke, die departement van vervoer, asook ander bekende ondernemings.
 
Riet sê die munisipaliteit wil die vertroue van die burgers terugeis deur te begin by staatsdepartemente en ondernemings.
 
“Staatsdepartemente skuld altesaam R800 miljoen en die uitstaande skuld van Sol Plaatje is R2.9 biljoen.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel