Oud-joernalis veg vir hulpeloses en die gemeenskap

Deel hierdie storie / Share this story

In Virginia Keppler se jare as geharde joernalis by verskeie nuusagentskappe het sy haar inderwaarheid voorberei op die taak wat sy sou onderneem om hulpeloses by te staan wanneer hulle nie vir hulself kan opstaan  nie.

Virginia se naam is deur jare gekoppel aan Vrye Weekblad, The Citizen, Media24, ens.

Sy is ‘n boorling van Eersterust in Pretoria, en het Rea Thusa/We Help op 1 September 2020 tot stand gebring saam met haar verloofde Yusuf Young. As openbare figure staan hulle vir regte van bejaardes, vroue, kinders, slagoffers van geslagsgebaseerde geweld en ook dié wat ly onder swak diens van staatshospitale op.

In kort skroom sy nie om enige geveg van onreg wat haar pad kruis aan te pak nie.

Hulle doen werkswinkels oor menslikheid (humanity) en gebruik die geld wat hierdeur geïn word vir Rea Thusa se projekte.

Haar nuutste inskrywing op Facebook lees: “Our God is such a show off!”

Hulle het hierdie jaar 100 pare kouse gedurende die wintermaande uitgedeel en beoog om volgende jaar 1 000 pare uit te gee.

In die nuutste projek wat suksesvol afgehandel is, is hande gevat met Al-Imdaad Foundation, City Angel’s undertakers en die Kingdom Christian Church toe hulle komberse aan bejaardes oorhandig het, saam met tweehonderd voorbereide etes. Hulle het hierdie jaar 100 pare kouse uitgedeel en beoog om volgende jaar 1 000 uit te gee.

Bejaardes wat nie in ‘n liggaamlike toestand is om die funksie te kon bywoon nie, is deur Virginia self besoek en die komberse en kos is oorhandig.

Hou Virginia en haar Rea Thusa familie op Facebook dop om te sien hoeveel sy in die gemeenskap uitrig.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel