KYK: Winkeleienaar (80) skiet rower wat winkel probeer beroof

‘n Winkeleienaar het Sondagoggend omstreeks 02:47 ‘n rower afgeweer toe hy ‘n skoot na die rower afgevuur het.

Volgens die plaaslike owerhede in Kalifornië is beamptes Sondagoggend na die toneel ontbied waar ‘n poging tot rooftog plaasgevind het.

Sekuriteitskameras wys hoe ‘n man by Norco Market & Liquor instap en ‘n geweer op die eienaar agter die toonbank rig. Binne sekondes gryp die 80-jarige eienaar ‘n geweer van agter die toonbank en skiet op die verdagte.

Owerhede sê die winkeleienaar het een rondte van die haelgeweer afgevuur wat die verdagte laat vlug het.

Die eienaar het aan CNN gesê hy het gesien hoe die gewapende man die winkel nader, oomblikke voor hy by die winkel ingekom en die geweer op die eienaar gerig het.

Op die beeldmateriaal van buite die winkel klim nog ‘n gewapende verdagte uit ‘n motor voor die ander na die motor teruggehardloop kom, en skree: “Hy het my arm af geskiet!”.

Volgens die owerhede is een verdagte later in die hospitaal, glo met ‘n skietwond, opgeneem.

Drie ander verdagtes wat in die voertuig was, is in hegtenis geneem.

Skrywer: