Die Sol Plaatje-munisipaliteit het Maandag gesê sommige inwoners het meer vir elektrisiteit betaal as die goedgekeurde koersverhogings vir Julie.
Riet het ook gesê dié inwoners moet die munisipaliteit met die nodige dokumente besoek.
Dit volg na ‘n klagte van ‘n lid van die Sol Plaatje Ratepayers’ Union (SOPRU), Tumelo Mosikare, dat sommige huishoudings 6,88% op hulle munisipale rekeninge belas is.
Riet sê die terugbetalings sal aan die einde van die maand gedoen word.
Indien jy moontlik een van die inwoners is wat meer moes betaal, hier is ‘n vorm om te voltooi:


