11 leerders by skool geskors na bakleiery

 ‘n Video van ‘n groot groep leerders van Hoërskool George het sedert Dinsdagoggend soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.

In dié video word gesien hoe die seuns en dogers mekaar takel en in ’n baie fisieke bakleiery in ’n klaskamer betrokke raak waar lessenaars omgegooi word en leerders geskop en op getrap word.

Daar is intussen 11 leerders geskors. Hulle word deur ’n tugverhoor in die gesig gestaar.

Bronagh Hammond, direkteur van kommunikasie vir die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê die voorval is vermoedelik bendeverwant.

“Ongelukkig het gebeure vanuit die gemeenskap na die skoolomgewing oorgespoel, wat tot ’n bakleiery by die skool gelei het. Kalmte is herstel en ons wag op ’n amptelike verslag oor die volgende stappe in terme van dissiplinêre en ander optrede,” sê Hammond aan Krugersdorp News.

Daar word vermoed dat ’n onderonsie vroeër die oggend in die bus op pad skool toe begin en tot die bakleiery gelei het kort voor die skool begin het.

Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt.

Malcolm Pojie, het in ‘n verklaring bevestig dat hulle bewus is van die voorval deur die verspreiding van die video op sosiale media, maar dat geen formele klagte by die polisie aanhangig gemaak is nie.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.