Man met skaapskêr gesteek, dogter en kleinkinders aangehou

‘n Man van Verkeerdevlei in die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n man met ‘n skaapskêr gesteek het en sy dogter en kleindogters as gyselaars aangehou het.

Hy het glo ook gedreig om hulle almal dood te maak.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het die voorval waartydens die 53-jarige man met die skaapskêr gesteek is, Dinsdagaand plaasgevind.

“Die verdagte het gevlug waarna die beseerde man na die hopsitaal geneem is vir behandeling. Die verdagte het daarna na sy dogter se huis gegaan waar hy haar en sy kleinkinders aangehou het,” sê Thakeng.

Die kleinkinders is 13 en 15 jaar oud.

Die polisie het net na 21:30 by die toneel opgedaag waar die slagoffers en verdagte in ‘n sinkhuis was.

‘n 64-jarige man is op die toneel in hegtenis geneem. Hy staan tereg op drie aanklagte van poging tot moord en aanranding.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.