Sol-werknemers hét beskermende toerusting gedra – Thoko Riet

Deel hierdie storie / Share this story

Die Sol Plaatje-munisipaliteit sê die departement van arbeid ondersoek die omstandighede van ‘n ontploffing van ‘n substasie in Avivaweg na die dood van die Sol Plaatje-munisipaliteit se elektrisiteitsvoorman.

Thoko Riet, woordvoerder vir die munisipaliteit sê die munisipaliteit se werknemers ontvang jaarliks beskermende oorpakke wat hulle in werkstyd móét dra.

“Ons verskaf aan werknemers jaarliks drie beskermende tweestuk-oorpakke en twee pare stewels. Dis teen veiligheidsregulasies om nie die toerusting te verskaf nie.”

Faiek Adams, die elektrisiteitsvoorman, is vroeër dood na hy met ernstige brandwonde in die hospitaal opgeneem is. Hy en twee leerlingelektrisiëns het aan die Aviva-substasie gewerk toe dit ontplof het.