2024 skoolkalender 4 dae langer

Die departement van basiese onderwys het die datums van die 2024-skooljaar in die Staatskoerant gepubliseer.

Volgens dié publikasie sal die skooljaar op 17 Januarie begin en op 11 Desember ten einde loop.

Dit beteken dat 2024 vier meer skooldae sal hê as wat daar in 2022 en 2023 was.

2024 sal dan 203 skooldae hê.

Daar sal ook 25 skoolvakansiedae wees teenoor 32 in 2023 en 33 in 2022.

Volgens die departement is die rooster só uitgewerk dat minder openbare-vakansiedae en langnaweke binnde die kwartale val en dat dit eerder binne die skoolvakansie lé.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.