Die Valke se ondersoekspan vir georganiseerde misdaad in Durban en die Durban-metropolisie het Woensdag ‘n vermeende dwelmhandelaar vasgetrek.
Volgens die polisie het die Valke kokaïne ter waarde va R15 000 by die verdagte gekonfiskeer.
Die verdagte is in hegtenis geneem en van dwelmhandel aangekla.
Hy sal na verwagting vandag in die hof in Durban verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



