Twee broers vas na hulle glo polisiebeampte doodsteek oor ‘gewelddadige verhouding’ met hul suster

Kapt. Mgolodela sê die Valke het op 2 Augustus inligting opgevolg wat gelei het tot die twee se inhegtenisname.

(Foto: Bedfordview Edenvale News)

(Foto: Bedfordview Edenvale News)

Twee broers van onderskeidelik 27 en 29 jaar oud het vandag in die King Williams Town-landdroshof verskyn na hulle deur die Valke se ondersoekspan vir georganiseerde misdaad in hegtenis geneem is op aanklagte van moord.

Die twee broers het volgens kapt. Yolisa Mgolodela, polisiewoordvoerder, glo ‘n polisiebeampte gekonfronteer oor sy beweerde gewelddadige verhouding met hulle suster.

Konst. Ayabulela Williams (32) het glo tydens die konfrontasie steekwonde opgedoen en is na die hospitaal in King Williams Town geneem vir behandeling. Hy is later na ‘n ander hospitaal oorgeplaas waar hy aan sy wonde beswyk het.

Kapt. Mgolodela sê die Valke het op 2 Augustus inligting opgevolg wat gelei het tot die twee se inhegtenisname.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.