Pa vermoor vrou, dogters, voor hy homself doodskiet

Daily Mail berig toe beamptes op die toneel aankom, het een beampte siek geraak as gevolg van die ontstellende toneel.

(Foto: Daily Mail)

(Foto: Daily Mail)

‘n Pa het sy vrou en sy drie dogters vermoor voor hy homself doodgeskiet het in ‘n moord-selfmoord wat in Orlando, Florida, plaasgevind het.

Die 45-jarige Donovan Michael Ramirez het sy 39-jarige vrou, Stephanie Renee Ramirez, en hulle dogters, Alyssa (22) Sunny (11) en Shelby Rose (7) vermoor.

Daily Mail berig die tragedie het Dinsdagmiddag plaasgevind.

Die polisie het Dinsdag ‘n oproep gekry van iemand wat bekommerd was oor die familie en wou hê die polisie moes gaan kyk of alles pluis is.

Daily Mail berig toe beamptes op die toneel aankom, het een beampte siek geraak as gevolg van die ontstellende toneel.

Vriende en familie van die oorledenes het blomme buite die huis gaan neerlê om hul medelye te betoon.

Volgens plaaslike inwoners het die gesin in 2020 van Los Angeles na dié gebied verhuis.

Die motief after die gebeure is nog nie bekend nie. – Daily Mail

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.