Die Umlazi-polisie doen ‘n ernstige beroep op die gemeenskap om te help om die 20-jarige Siphokazi Nolwazi Zikhali op te spoor.
Die polisie sê Zikhali woon in die Umlazi- informele nedersetting en is laas deur haar ma by haar huis gesien.
Sy het ‘n geel T-hemp, grys baadjie, pienk sweetpakbroek en pienk pantoffels aangehad ten tye van haar verdwyning.
Enigiemand met inligting kan sers. Cele by 082 499 8349 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



