Maak vanaand heerlike gevulde skorsies!
4 porsies
Bestanddele:
2 groot skorsies
250 g beesmaalvleis
250 g spekstukkies
1 e olie
sout en peper na smaak
4 e gerasperde cheddar-kaas
Metode:
Halveer die skorsies en kook dit tot gaar, maar nie pap nie (moenie die pitte voor die tyd verwyder nie). Haal die gaar skorsies uit die water en skep die pitte versigtig uit en sit eenkant. Terwyl die skorsies kook, braai die maalvleis en spek in die olie tot gaar. Geur met sout en peper. Vul die skorsies met die vleis, plaas een eetlepel kaas oor elk en rooster in die oond tot die kaas gesmelt en goudbruin is. Bedien warm met bykos van keuse. Plaas orige vleis in die yskas en gebruik die volgende oggend as vulsel in omelet .
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



