Sangeres Irene-Louise van Wyk vier 30ste verjaarsdag as Rapunzel

Deel hierdie storie / Share this story

Die Tekkies Brand-sangeres, dogter van die musiekpromotor Louis van Wyk en wyle sangeres Irene van Wyk is ‘n kunstenaar in eie reg en het geen bekendstelling nodig nie.


Na ‘n onlangse vakansie in Disneyland Parys, Frankryk, is dit nie ‘n verrassing dat sy, ‘n “Disney Dress-up”-temapartytjie vir haar dertigste verjaarsdag wou hê nie.


Verskeie fotos wat op sosiale media gedeel is, het die gaste in unieke temakostuums gewys.
Op ‘n vraag deur FiND iT watter raad sy aan haar 18-jarige self sou gee, het sy sonder skroom geantwoord: “Just be you!”


Oor die partytjietema het sy gesê: “Wel, ek was nog altyd mal oor Disney, so dit het net gepas. Ek was nou al sewe keer in Disneyland en het myself vir my dertigste bederf.”


Sy het haar Disneyland-besoek getrou aanlyn gedeel en is daar is ‘n plan om volgende jaar ‘n toer na dié bestemming saam met bewonderaars te onderneem. So as jy nog altyd wou gaan, is dit nou jou kans om te begin spaar vir ‘n kuier by Rapunzel se kasteel. Hou Irene-Louise se blad dop vir reëlings en wees verseker dat as jy ook soos sy van Disney, pienk en blink hou, jy nie teleurgesteld gaan wees nie.
Van FiND iT se kant wens ons haar ‘n gelukkige verjaarsdag toe.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel