Indiese jeug drink gegeurde water van kondome om hoog te raak

Kenners het gewaarsku teen die drink van die water omdat dit jou sisteem kan aantas selfs al word dit nie as ‘n dwelm geklassifeer nie.

Indiese jeug drink gegeurde water van kondome om hoog te raak

Indiese jeug drink gegeurde water van kondome om hoog te raak foto: Canva

Die Vice-publikasie het berig dat jeugdiges in die stad Durgapur in Wes-Bengale, Indië, gegeurde water van kondome drink om hoog te word. Gegeurde kondome se verkope het gevolglik die hoogte ingeskiet.

“Vroeër is drie tot vier pakkies kondome daagliks verkoop. En nou vlieg kondome van die rakke,” het ‘n winkelier aan die publikasie gesê.

Die Vice-publikasie het ook berig dat jeugdiges die water verkry deur gegeurde kondome in water te week en dit dan te drink.

Kenners het gewaarsku teen die drink van die water omdat dit jou sisteem kan aantas, selfs al word dit nie as ‘n dwelm geklassifeer nie.

Bronne: MSN, The South African, The Pink Brain

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: ‘Kry ‘n wit vrou’: Nota prys Benni McCarthy se eggenoot vir sukses

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.