Reeva-fliek: “Dis wie sy werklik was”

Die reeks in drie episodes sal ‘n diepgaande ontleding van die aand van haar dood bied en ook meer vertel oor die effek wat haar dood op haar familie en vriende gehad het.

Foto: dstv.com

‘n Dokumentêre reeks, met die vergrootglas op die model Reeva Steenkamp se lewe, soos sy deur haar geliefdes gesien is, word nege jaar ná haar dood bekendgestel.

Steenkamp is op Valentynsdag 2013 deur die voormalige Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, in sy huis agter ‘n toe badkamerdeur doodgeskiet nadat hy haar vir ‘n inbreker aangesien het.

Pistorius dien tans 13 jaar tronkstraf uit vir haar dood.

Hy het ‘n aanvankilike vonnis van ses jaar gekry, maar die vonnis is deur die Appélhof in Bloemfontein verleng nadat die staat teen die vonnis geappelleer het.

Steenkamp en Oscar was ten tye van haar dood in ‘n verhouding.

My Name is Reeva sal einde Augustus, tydens vrouemaand en in Steenkamp se geboortemaand, op M-Net te sien wees.

Luidens ‘n verklaring deur M-Net sal die reeks in drie episodes ‘n diepgaande ontleding van die aand van haar dood bied en ook meer vertel oor die effek wat haar dood op haar familie en vriende gehad het.

Daar is ook onderhoude met haar ouers, familie en vriende vir die reeks gedoen.

Die eerste episode word Donderdag 25 Augustus om 20:30 op M-Net uitgesaai Deel twee en drie sal onderskeidelik op Donderdag 1 September en 8 September te sien wees.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.