Drie in hegtenis na spazawinkel-sterftes

Deel hierdie storie / Share this story

Drie mans is in hegtenis geneem in verband met een van die skietvoorvalle wat die afgelope naweek in Mariannhill plaasgevind het.

Die burgemeester van eThekwini, Mxolisi Kaunda, het die nuus bevestig dat drie verdagtes in hegtenis geneem is vir die skietery by ‘n spazawinkel in Savannah Park.

Die skietvoorval het omstreeks 19:30 plaasgevind toe minstens drie gewapende verdagtes in die winkel begin skiet het.

Die eienaar van die winkel, Bhekumuzi Mzobe (65), sy nefies, Siboniso Mzobe (32) en Sanele Khenisa, Phumlani Mpithimpithi (62), Sphamandla Shezi en Siyakudumisa Mtsengu is op die toneel dood.

Volgens die polisie is ‘n sewende slagoffer Sondag in die hospitaal dood.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel