Die polisie op Despatch vra dringend die gemeenskap se hulp om ‘n vermiste 64-jarige vrou op te spoor.
Nontobeko Mence (64) het Sondag 31 Julie haar huis in Voortrekkerstraat in Heuwelkruin, Despatch verlaat en nooit teruggekeer huis toe nie.
Sy is die dag omstreeks 15:30 laas gesien.
Nontobeko het ten tye van haar verdwyning ‘n bruin jas, ‘n grys trui, pienk pantoffels en ‘n swart broek aangehad.
Enigiemand met inligting kan sers. Christine Jonck by 082 949 7154 skakel.



