Kaapstadse motoriste sien afgesnyde been – res van liggaam in nabygeleë oop veld gevind

Die Belhar-polisie ondersoek ’n saak van moord.

Kaapstadse motoriste sien afgesnyde been – res van liggaam gevind in nabygeleë oop veld

Kaapstadse motoriste sien afgesnyde been – res van liggaam gevind in nabygeleë oop veld foto: Canva

Motoriste in Belhar, Kaapstad het Dinsdagoggend 2 Augustus ‘n afgesnyde been aan die kant van Erica-rylaan opgemerk.

Die polisie het die liggaam waaraan die been behoort, gevind nadat hulle die area gefynkam het.

Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), sê die polisie is deur ‘n verbyganger meegedeel dat die been van ‘n ongeïdentifiseerde persoon op die sypaadjie in Belhar gelê het.

’n Pendelaar op pad werk toe het aan The South African gesê hulle het een been op die sypaadjie gesien en ’n ander been ’n paar meter verder.

“Lede het dadelik gereageer en by verdere ondersoek is die res van die liggaam van ‘n ongeïdentifiseerde man met veelvuldige steekwonde op ‘n oop stuk veld langs Erica-rylaan Belhar gevind,” het Van Wyk gesê.

Albei die slagoffer se bene is onder die knieë afgekap, het die polisie gesê. Misdaadtoneelkenners is tans op die toneel en fynkam die gebied vir leidrade.

Die Belhar-polisie ondersoek ’n saak van moord.

Bronne: MSN, The South African, Flipboard

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Vroulike ingenieurstudent vermoor by KZN-universiteitskoshuis

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.