Meer as 100 persone is vroeg Dinsdagoggend beseer toe ‘n bus op die N1-hoofweg ongeveer 20 km buite Louis Trichardt omgeslaan het.
ER24-paramedici het omstreeks 03:30 op die toneel aangekom en sommige van die passasiers het om die bus gelê of gesit.
Die gebied is afgebaken sodat paramedici die pasiënte kon behandel.
Meer as 100 passasiers het ligte tot ernstige beserings opgedoen.
Die pasiënte is op die toneel behandel en daarna deur verskeie nooddienste na hospitale geneem vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie was op die toneel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



