Vyf kinders brand dood in botsing

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf kinders is Sondagaand in Vredefort dood toe die motor waarin hulle gery het in ‘n botsing betrokke was en daarna aan die brand geslaan het.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê daar was Sondagaand om 19:24 ‘n bosing toe ‘n vragmotor glo in die agterkant van die motor vasgery het. Die bestuurder van die motor, waarin die vyf kinders was, het glo langs die pad gestop om homself te verlig toe die vragmotor in die motor vasgery het.

Toe die Netcare 911-paramedici op die toneel kom, was die voertuig na die botsing steeds aan die brand. Die vyf kinders tussen die ouderdomme van 10 en 18 jaar oud het doodgebrand.

Die bestuurder van die motor het geen beserings opgedoen nie en die bestuurder van die vragmotor was nie op die toneel nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel